USS Hershel Woody Williams, van Walvisbaai af onderweg na Kaapstad

Die Amerikaanse-vloot-vaartuig, die USS Hershel Woody Williams, is onderweg na Kaapstad nadat dit die afgelope drie dae saam met die Namibiese weermag aan vlootoefeninge aan die kus by Walvisbaai deelgeneem het. Verskeie gesamentlike oefenings is uitgevoer, wat onder andere die landing van ‘n Namibiese lugmag helikopter op die vaartuig ingesluit het, en soek- en beslagleggingsoefeninge. Die USS Hershel Woody Williams het 48 burgerlikes en 152 militêre bemanning aanboord.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *