US$700m se bates van Bankman-Fried gekonfiskeer
Federale aanklaers het reeds beslag gelê op byna 700 miljoen Amerikaanse dollar se bates van FTX-stigter Sam Bankman-Fried, hoofsaaklik in die vorm van Robinhood-aandele. Robinhood is ‘n toepassing waar mense kommissie-vry aandele van koop en verhandel. Bankman-Fried, wat daarvan beskuldig word dat hy miljarde dollar van FTX-kliënte gesteel het, het onskuldig gepleit op bedrogaanklagte. Hy sal na verwagting in Oktober verhoor word.