US$10m per Al-Shabaab-leier, en daar’s drie

Die Verenigde State het ‘n beloning op drie Al-Shabaab-leiers wat verbind word met fondsinsameling en finansiering vir die terroriste-groep se bedrywighede in Kenia, Somalië en ander dele van die Sahel-streek, geplaas. Daar word tot 10 miljoen Amerikaanse dollar aangebied vir inligting wat lei tot die identifikasie of ligging van Al-Shabaab-sleutelleiers, Ahmed Diriye, Mahad Karate en Jehad Mostafa – elk. Nog 10 miljoen Amerikaanse dollar word aangebied aan enigiemand wat kan help met inligting wat lei tot die ontwrigting van die organisasie se finansiële meganismes.