US-haainette nou in die Bahamas
Mariene-bioloë aan die Universiteit Stellenbosch, onder leiding van Sara Andreotti, het ‘n baanbreker-oplossing vir haaiveiligheid bekendgestel wat nou in die Bahamas toegepas word. Die SharkSafe Barrier-tegnologie is ontwerp om mense en haaie se lewens te beskerm sonder om enige skade te berokken. Andreotti verduidelik hierdie eko-vriendelike nette maak staat op magnetiese velde om haaie af te weer, wat hul veiligheid verseker terwyl die interaksie tussen mens en haai tot die minimum beperk word. Die 30-meter-lange versperring langs die kus van die Bahamas word beskryf as ‘n belangrike tree vorentoe in mariene-bewaringspogings.