Uranium One open kantore op Leonard, stuur skoolkombuis konstruksie van stapel

Die Russiese uraan-reus Uranium One wat boere in die Leonardville-omgewing in die Omaheke-streek omgekrap het omdat hulle boorwerk in die Stampriet-akwifer wou doen, open vandag hul kantore op Leonardville. Die geleentheid sal bygewoon word deur Uranium One se verteenwoordiger, Kirill Egorov-Kirillov, die streeksgoewerneur Pijoo Nganate en die raadsvoorsitter van die Leonardville-nedersetting, Petra Witbooi. Hulle sal ook die konstruksieterrein van die kombuis van die Noasanabis Laerskool besoek. Kosmos 94.1 Nuus het met Uranium One se kommunikasiekonsultant, Riaan van Rooyen, gepraat…