Uranium One bou skool-kombuis by Leonardville

Noasanabis Primêre Skool by Leonardville trek voordeel uit die Russiese Uraan-reus Uranium One se filosofie van opheffing. Uranium One ondersteun die afgelope jaar die skool se voedingskema en verskaf kos vir die 615 leerders ter waarde van 330 000 Namibiese dollar. Uranium One het besluit om ‘n moderne kombuis vir die skool te bou wat teen September voltooi sal wees. Al die arbeid en al die stene is van Leonardville. Riaan van Rooyen, adjunk-direkteur by Uranium One het met Kosmos 94.1 News gepraat…