Uraanpryse herstel – eerste keer in 15 jaar

Uraanpryse het vir die eerste keer in meer as 15 jaar hoër as 80 Amerikaanse dollar, oftewel 1 500 Namibiese dollar, per pond gestyg weens ‘n herlewing van kernkrag asook toevoeronderbrekings. Die prys is tans die hoogste sedert die Fukushima-kernongeluk in 2011. Dr. Gabi Schneider, die uitvoerende direkteur van die Namibië Uraaninstituut, verduidelik hoekom die bou van kernkragsentrales oor die hele wêreld aan die toeneem is.

Met Namibië wat die derde grootste produsent van uraan ter wêreld is, bied dit ‘n positiewe vooruitsig vir die land se ekonomie aangesien dit tot meer myne en werkskepping kan lei.