Reeva se familie aanvaar Oscar se parool

Oscar Pistorius is parool gegun met ingang 5 Januarie volgende jaar. Pistorius is skuldig bevind aan die moord op Reeva Steenkamp op Valentynsdag in 2013. Daar is talle voorwaardes aan die parool gekoppel. Die Steenkamp-familie se woordvoerder Rob Mathews sê die beslissing word aanvaar.