Uraan-hofsaak: Landbouminister verontagsaam hof se opdrag

Die saak waar Headsprings Investments, die Namibiese verteenwoordiger van die Russiese uraan-reus Uranium One, hom aan die hof wend in ‘n poging om toestemming om te boor by die landbouministerie te bekom kom weer vandag voor regter Orben Sibeya. Maar, daar blyk om ‘n probleem te wees. Die eerste respondent, die landbouminister, het nie die opdrag van die regter nagekom om teen 21 April sy stukke in te dien nie. Die Russe het wel hul sperdatum gehaal maar, geen gesamentlike statusverslag is, ook ingevolge Sibeya se instruksies, ingedien nie. Inteendeel, die minister se regspan was laas op 29 Maart aktief in die saak. Headprings sê in sy statusverslag dat hy wag vir die hof se opdrag oor die pad vorentoe. Die maatskappy vra in die saak dat die respondente, 39 van hulle wat ook 27 boere insluit, die redes moet verskaf oor hoekom die permit op 5 Oktober verlede jaar geweier is, of, in die alternatief, wend Headsprings hom aan artikel 18 van die Grondwet wat sê dat daar regverdig met administratiewe liggame omgegaan moet word en indien nie, mag die liggame hulle aan die hof wend.