Die tyd vir jou belasting-opgawe… dien in voor 30 Junie

Die Namibiese Inkomste-agentskap herinner werknemers van die verskillende ministeries, kantore en agentskappe om al hul jaarlikse inkomstebelasting-opgawes onverwyld in te dien. Die Geïntegreerde Belasting-administrasiestelsel, bekend as Itas, is gereed om die opgawes van alle staatswerknemers te aanvaar en te verwerk, insluitend die 2022/23-belastingjaar. Itas is in Januarie 2019 geïmplementeer. NamRA herinner ook alle ander belastingbetalers om ook hul inkomstebelasting-opgawes teen 30 Junie in te dien. Kosmos 94.1 Nuus het met die agentskap se hoof van strategiese kommunikasie, Steven Ndorokaze, gepraat…