Uraan-eksplorasie by Leonardville ook in Nasionale Vergadering bespreek

Die debat oor die voornemende uraan-eksplorasie in die Leonardville-omgewing van die Russiese maatskappy in staatsbesit, Rosatom, duur voort, dié keer in die Nasionale Vergadering. Nico Smit, parlementslid van die Popular Democratic Movement, het aan die landbouminister Calle Schlettwein, gevra om sy versekering aan Namibiërs te gee dat die proses gestop word en waarom Rosatom toegelaat word om boorgate in watersensitiewe gebiede te boor en verdere toetse te doen.