Uraan: alles hang af van energie-neigings

Namibië maak baie staat op kommoditeitspryse en uraan vorm deel van die land se uitvoere wat buitelandse valuta inbring. Op die oomblik verhandel uraan rondom 32 Amerikaanse dollar per pond. Terwyl die prys baie beter is as die 29 Amerikaanse dollar wat aan die einde van 2020 aangeteken is, is dit steeds ver onder die 50 dollar wat nodig is om belegging in die sektor te ontketen. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse beleggingsekonoom Dawie Klopper gesels…