Kenner reageer op rooilyn hofsaak

Reaksie word ontvang op bevestiging deur die leier van die Affirmative Repositioning-beweging dr. Job Amupanda dat sy hoërhofsaak wat eis dat die rooilyn verwyder moet word op 31 Augustus begin. Amupanda beskryf die kordonheining as ‘n koloniale instrument en sê dit verteenwoordig apartheid teen die boere in die verre noorde. Dr. Kobus Laubscher, die bekende landbou-ekonoom het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.