Universiteit van Stellenbosch keur nuwe taalbeleid goed, drie amptelike tale ingesluit.

Die raad van die Universiteit Stellenbosch het die instelling se nuwe taalbeleid goedgekeur wat ‘n verbintenis maak tot veeltaligheid deur die gebruik van die Wes-Kaap se drie amptelike tale – Afrikaans, Engels en isiXhosa. Die raad sê dit volg nadat sy Senaat verlede maand die finale konsepbeleid met ‘n oorweldigende meerderheid goedgekeur het, en dit beteken die einde van ‘n deeglike, omvattende en raadplegende hersieningsproses. Raadsvoorsitter George Steyn sê die hersiene taalbeleid herbevestig dat die universiteit ‘n nasionale bate in ‘n uiteenlopende gemeenskap is.