Mnr. Gay Wêreld 2021 môre in Windhoek by Pride Parade

Mnr. Gay Wêreld 2021, Louw Breytenbach, gaan Namibië vir die eerste keer besoek om die strewe na gelykheid vir alle LGBTQ+ Namibiërs te verhoog. Volgens Equal Rights Namibia sal hy aan die Pride Parade deelneem. Die parade begin môreoggend om nege uur by El Barrio’s Restaurant in Jan Jonkerstraat in die hoofstad en eindig by die Namibiese ministerie van justisie. Medestigter Omar van Reenen nooi Namibiërs uit om deel te neem. Die jaar 2021 word gedoop as die jaar van LGBTQ+ bevrydingstryd, en ‘n boodskap teen diskriminasie en haat word in die land uitgestuur.