Universiteit van Pretoria gaan help om Gauteng se slaggate iets van die verlede te maak

Die Gautengse LUR vir vervoer, Jacob Mamabolo, sê sy departement het navorsing gedoen oor geharde paaie wat slaggate iets van die verlede sal maak. Die departement het met die Universiteit van Pretoria saamgewerk in ‘n poging om paaie te verbeter. Mamabolo het die departement se laboratorium besoek waar die agteruitgang van teerpaaie in die provinsie bestudeer word. Hy sê dis bevind die ou teerpaaie word beskadig weens klimaatsverandering en die toenemende getal padgebruikers.