Universiteit van Kaapstad stel twee vrou aan in invloedryke posisies

Die Universiteit van Kaapstad het bevestig dat Elelwani Ramugondo aangestel is as die nuwe adjunk-visekanselier vir Hervorming, Studentesake en Maatskaplike Reaksie. Haar ampstermyn begin op 1 Julie volgende jaar aangesien sy tans met studieverlof is. Sy het meer as 20 jaar akademiese ervaring in die navorsingsomgewing. Nog ‘n aanstelling is dié van Suki Goodman as dekaan van Koophandel. Goodman sê sy sal fokus op die universiteit se drie pillare van uitnemendheid, hervorming en volhoubaarheid.