Universiteit van Kaapstad sluit nie, ondanks betogende studente

Nadat studente van die Universiteit van Kaapstad gister toegangsroetes na die kampusse versper het, sê die bestuur die betogers se ontwrigting van die akademiese projek is onaanvaarbaar. Die eise van die studente se verteenwoordigingsraad, wat die protesaksie aanvoer, sluit in die registrasie van alle studente en die opskorting van die akademiese jaar. Die universiteit se bestuur sê hy het wesenlik voldoen aan al die studente se eise, maar is nie bereid om die universiteit te sluit en alle navorsing en onderrig te staak nie.