Universiteit van Kaapstad se personeel stem ten gunste van staking

Vir die eerste keer in die geskiedenis het die Universiteit van Kaapstad se akademiese personeel  ten gunste van ‘n staking gestem ná salaris-onderhandelings ‘n dooiepunt bereik het. Die Akademici-vakbond sê 87 persent van sy lede is gereed om te staak. Dit volg na die vakbond se byna eenparige verwerping van ‘n drie persent verhoging. Die staking gaan na verwagting drie dae duur, maar kan verleng word as die kommissie vir versoening,  bemiddeling en arbitrasie ‘n stakingsertifikaat uitreik.