Nieu-Seelandse onderwysminister gaan nuwe premier wees

Die Nieu-Seelandse minister van onderwys, Chris Hipkins, gaan die land se volgende eerste minister wees na hy die enigste kandidaat was om Jacinda Ardern te vervang. Die 44-jarige Hipkins sal verwagting vandag deur sy Arbeidersparty-kollegas bevestig word. Adern het die land Donderdag geskok met haar aankondiging dat sy na vyf en ‘n half jaar bedank. Die gebrek aan ander kandidate is ‘n aanduiding die party se wetgewers wil ‘n lang en uitgerekte veldtog en enige teken van onenigheid na Ardern se vertrek vermy.