Universiteit van Kaapstad kry toelaag van R37 miljoen

Die Algorand-stigting en die Universiteit van Kaapstad werk saam om die UCT-Algorand Fintech-vernuwingsentrum te vestig. ‘n Woordvoerder van die universiteit, Elijah Moholola, sê hierdie aanvanklike vyfjaar-vennootskap word deur die Algorand-stigting se toelaagprogram ondersteun met 37 miljoen rand wat die universiteit sal help om die sentrum te vestig. Hy verduidelik die sentrum sal nuwe studente-ondernemings met ‘n unieke Afrikafokus steun en ook help om die jongste akademiese navorsing in oopbron-projekte te omskep.