Universiteit van Fort Hare vra vir hulp in stryd teen geslagsgeweld

Die Universiteit van Fort Hare se visekanselier, Sakhela Buhlungu, het ‘n beroep gedoen dat vennootskappe gevorm word in die stryd teen geslagsgeweld by dié instelling. Hy het vandag by die amptelike gedenkdiens vir Nosicelo Mtebeni gepraat. Die finalejaar-regstudent se kêrel het haar na bewering vermoor en haar liggaam in ‘n tas versteek. Buhlungu sê die universiteit het samewerkende en strategiese vennootskappe nodig om geslagsgeweld weg van sy terrein te hanteer.