Universiteit Johannesburg maak inenting verpligtend

Die Universiteit van Johannesburg is besig om sy beleid van verpligte inenting in te stel. ‘n Woordvoerder sê die universiteitsraad het die beleid dat studente en personeel teen Covid-19 ingeënt moet wees, in November aanvaar. Dit beteken personeel, post-doktorale navorsings-beurshouers en studente sal die instelling moet inlig oor hulle inentingstatus. Hulle moet bewys dat hulle ‘n eerste inenting gehad het of ten volle ingeënt is voordat hulle by enige kampus of fasiliteit toegelaat word. Die maatreëls is ook van toepassing op ad hoc-kontrakteurs, sekere belanghebbers en besoekers.