Unesco gee beetsop aan Oekraïne…

Die VN se kulturele agentskap, Unesco, het ‘borsch’, ’n sop wat gewoonlik met beet en aartappels gemaak word, by sy lys van bedreigde ontasbare kulturele erfenis van die Oekraïne gevoeg. Volgens Unesco, bedreig die oorlog in die Oekraïne die kook van die sop. Die sogenaamde ‘Borsch-oorlog’ duur reeds jare met Rusland wat sê Russe in Kiëf het die resep geskep. In 2020 het die Oekraïne aansoek gedoen dat die kookkultuur van die gereg by Unesco se lys van bedreigde kulturele erfenis gevoeg word en die besluit om dit by die lys te voeg sou in 2023 geneem word. Die proses is versnel as gevolg van die oorlog. ‘n Mens sou dink daar is belangriker dinge om oor te bekommer, soos byvoorbeeld wêreldwye voedseltekorte en stygende energieskostes wat die oorlog gebring het…