Unam-SRC stel eksamens uit

Die Universiteit van Namibië se studenteraad het ‘n kennisgewing uitgereik dat die eksamenrooster aangepas word. Luidens die verklaring was die voorgestelde en finale rooster, soos deur die universiteit opgestel, onrealisties. Gevolglik, is die begin van die eksamens vanaf 28 Oktober tot 31 Oktober uitgeskuif en ‘n finale rooster sal op 25 Oktober bekend gemaak word. Die studenteraad sê hy is in gesprek met die universiteit om so vinnig moontlik ‘n meer student-vriendelike rooster op te trek en vra dat studente geduldig moet wees.