TLU SA gaan klag lê teen Malema

Die hoof van die landbouliggaaam TLU SA, Henry Geldenhuys, sê hy gaan ‘n formele klag teen die EFF-leier, Julius Malema, by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie indien vir aanhitsing tot geweld en haatspraak. Malema het aan party-afgevaardigdes by die EFF se derde provinsiale vergadering in die Wes-Kaap gesê hulle moet nooit bang wees om dood te maak nie. Hy sê ‘n rewolusie vereis dat by ‘n sekere punt daar moorde moet wees want dit is deel van rewolusionêre optrede. Geldenhuys sê Malema se dreigemente is onaanvaarbaar en bedreig die stabiliteit van die land: