Unam sal vrywillige inentings as beleid hou, vir nou

Die Universiteit van Namibië se beleid in verband met Covid-inentings is in lyn met dié van die gesondheidsministerie. Dit beteken dat Unam steeds vrywillige inenting toepas. John Haufiku, woordvoerder van die universiteit het gereageer op berigte uit Suid-Afrika dat beide die Universiteit van Stellenbosch en die Universiteit van Johannesburg verpligte inentings in hulle beleid ingesluit het.