Unam pas toelating effe afwaarts aan

Die besluit deur die Universiteit van Namibië om toelatingsvereistes aan te pas word wyd deur studente-unies in die land verwelkom. Unam het reeds op 12 Januarie die besluit deurgevoer en die universiteit se woordvoerder Simon Namesho sê die voorwaardelike toelating is geldig vir beide studente wat in 2021 en 2022 hulle skoolloopbane voltooi het.  Die sekretaris van die Studente-unie van Namibië Shikesho Natangwe het studente aangemoedig om hard te werk en die geleentheid wat hulle gebied is aan te gryp. Studente wat voorwaardelike toelating ontvang het, mag inskryf vir die grade onder die nuwe kurrikulum-program van die universiteit.