Unam hersien 17 kursusse wat nie geakkrediteer is nie

Die Universiteit van Namibië sê hy hersien op die oomblik die 17 nuwe programme wat nie deur die Namibiese Kwalifikasie-owerheid goedgekeur is nie. Unam vise-kanselier vir akademiese aangeleenthede, Frednard Gideon sê net 64 van die 83 nuwe kursusse wat verlede jaar ingedien is, is goedgekeur. Gideon sê aanbevelings wat deur die owerheid sowel as die Nasionale Raad vir Hoër Onderwys word op die oomblik in ag geneem. Die raad benut kenners van talle Afrika-lande sowel as die Verenigde Koninkryk om kursusse te evalueer. Daar was vroeër berig dat studente ongelukkig is omdat hulle nie hulle gekose kursusse die jaar kan draf nie.