Unam heropen op 12 Januarie 2023

Die Universiteit van Namibië sluit vandag en heropen op 12 Januarie 2023 vir die nuwe akademiese jaar. ‘n Mylpaal is vanjaar bereik met die herdenking van die 30ste bestaansjaar. Unam se bemarkingsbeampte, Simon Namesho, deel met Kosmos 94.1 Nuus die afgelope jaar se hoogtepunte en wat die universiteit se planne vir die nuwe akademiese jaar is.