UNAM Cares-inentingskliniek tot 6 Augustus oop

Die UNAM Cares-inentingskliniek sal nou daagliks oop wees om die Namibiese gesondheidsministerie te ondersteun in sy stryd teen die Covid-pandemie. Hierdie is ‘n gemeenskapsinisiatief van die kantoor van die vise-kanselier. Die inentingskliniek sal vir tien dae vanaf vandag tot Vrydag 6 Augustus vanaf nege-uur soggens tot vier-uur smiddae by die universiteit se ontspanningsentrum op die hoofkampus in Windhoek oop wees. Die Universiteit van Namibië se woordvoerder, Simon Namesho, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.