Uitvoere styg in Oktober met 5,8%

Die waarde van uitvoere het in Oktober met 5,8 persent op ‘n jaargrondslag gestyg tot 8,3 miljard Namibiese dollar. Die waarde van invoere het in Oktober met 25,1 persent op ‘n jaargrondslag gestyg tot 15,3 miljard dollar, wat gelei het tot ‘n groter handelstekort – vanaf 3,1 miljard dollar in September tot sewe miljard dollar in Oktober 2021. Die handelstekort het in Oktober 2021 met 59,3 persent op ‘n jaargrondslag toegeneem, aangesien Namibië ‘n handelstekort van 4,4 miljard dollar in Oktober 2020 aangeteken het. Jaar tot dusver het Namibië gemiddeld ‘n maandelikse handelstekort van 2,7 miljard dollar gehad. Netto uitvoere sal negatief bydra tot 2021 se BBP-berekening, sê Simonis Storm aangesien hulle nie ‘n herstel in uitvoere vir die vierde kwartaal van 2021 sien nie.