Veldtogte teen geslagsgeweld duur voort tot 10 Desember

Namibië neem tans deel aan die Verenigde Nasies se veldtog van 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgeweld wat tot 10 Desember duur. Die tema is “Orange the World: End Violence against Women Now”. Byna een uit drie vroue ervaar geweld in haar leeftyd en statistieke styg in tye van krisis soos die Covid-pandemie, humanitêre krisisse en klimaatrampe. Die stigter White Ribbon, Charles Samakumba, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit gaan tot dusver goed met die veldtog.