Uitstel op wapenwet in SA verwelkom

Die Wes-Kaapse LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, het die verlenging van die sperdatum verwelkom om voorleggings oor die Vuurwapen Wysigingswetsontwerp te doen. Die sperdatum is 2 Augustus. Fritz se woordvoerder, Wade Seale, sê die LUR is gekant teen die wysigings wat die wettige eienaarskap van vuurwapens beperk. Hy voeg by daar is geen bewyse dat die hoë misdaadsyfer veroorsaak word deur diegene wat vuurwapens aanskaf vir selfverdedigingsdoeleindes en antieke wapenversamelaars nie: