Uitspraak vir uitstel môreoggend in Zuma-saak

Regter Piet Koen gaan môreoggend tien-uur uitspraak lewer in die Suid-Afrikaanse oudpresident Jacob Zuma se aansoek om nog uitstel in sy wapentransaksie-korrupsieverhoor. Sy regspan het uitstel van drie weke versoek, maar die staat staan dit teen. Zuma betoog hy het die reg om self in die Hooggeregshof in Pietermaritzburg teenwoordig te wees en hoef nie die verrigtinge virtueel uit die tronk te volg nie.