Onderhoude vir nuwe Namibiese ombudsman Vrydag

‘n Nuwe Namibiese ombudsman moet aangewys word nadat die vakature in Mei geadverteer is ná advokaat John Walters se aftrede. Aansoeke het op 31 Mei gesluit en vier aansoeke is reeds vir die pos ontvang, lui ‘n mediaverklaring van die Namibiese kantoor van die regsbank. ‘n Kortlys is saamgestel met drie kandidate, Tousy Namiseb, Ruth Herunga en Basilius Dyakugha met wie onderhoude Vrydagoggend om nege-uur gevoer gaan word. Die proses sal regstreeks aanlyn op die amptelike Facebook-blad van die kantoor van die regsbank gestroom word waar die publiek dit kan volg.