Uitspraak vandag in N$3,4m-saak teen landbouminister

Regter Marlene Tommasi sal na verwagting vandag uitspraak lewer in die saak waar Greenteam Consultants die landbouminister dagvaar vir betaling van 311 250 Namibiese dollar, en ook 3,1 miljoen dollar, vir werk wat hy sê hy vir die ministerie uitgevoer het, sowel as kontrakbreuk. In sy stukke sê die maatskappy dat die ministerie hom aangestel het om ‘n geïntegreerde streeks grondgebruikplan vir die Omusati-streek moes optrek. Hy sê hy het al sy verpligtinge nagekom. Hy sê sy verslag vir fase 1 is ingedien en die ministerie het hom 70 persent van die totale koste betaal, en het verdere kommentaar gevra. Dit is ook blykbaar ingedien maar, die oorblywende 30 persent is nooit betaal nie en die ministerie het die verslag verwerp en die kontrak summier, verbaal, gekanselleer. Greenteam eis dus die laaste betaling vir fase een, wat net meer as 311 000 dollar beloop en 3,1 miljoen dollar die vir res van die ooreenkoms, omdat hy meen die ministerie het kontrakbreuk gepleeg. Die saak was verdedig.