Uitspraak in Jet Stores-beseringsaak vandag verwag

Reter Orben Sibeya sal na verwagting uitspraak lewer in die saak van Martha Madisia teen Jet Stores in Walvisbaai. Madisia het net minder as 805 000 Namibiese dollar by die groep geëis na sy geval het in die winkel op 17 Junie 2016. Die saak is in 2019 hangende gemaak. Sy sê in haar stukke dat die vloer in die winkel nat was maar daar was geen waarskuwingsborde nie. Daar was talle dokumente in die saak, wat Edgars Namibië verdedig, voor die hof gebring met verskeie mediese verslae. In een verslag het ‘n dokter vir Edgars melding gemaak van die 63-jarige Madisia se bestaande toestand van osteo-artritis en bygevoeg dat haar vlakke van pyn wat sy beskryf, nie noodwendig vir hom realisties is nie. Nog ‘n mediese verslag, van ‘n dokter vir Madisia het ook melding gemaak van haar bestaande toestand en sê ‘n val sou die pynvlakke van die toestand vererger.