Uitstel oor verkiesingswet te verstane, sê Outa

Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die buurland se Konstitusionele Hof het geen ander keuse gehad as om die parlement nog uitstel te gee om die wysigings aan die Verkiesingswysigingswetsontwerp af te handel nie. Die parlement het reeds twee keer versuim om ‘n hof se sperdatum te haal om die Kieswet te wysig. Die Nasionale Vergadering het tot die 28ste van volgende maand tyd om die wetsontwerp te wysig om voorsiening te maak dat onafhanklike kandidate aan nasionale en provinsiale verkiesings mag deelneem. Rachel Fischer van Outa sê hulle aanvaar die uitstel as ‘n noodsaaklikheid: