Kripto nog nie as betalingseenheid in Nam aanvaar nie

Die Bank van Namibië laat nog nie toe dat kripto-geldeenhede as betalingsmetode in die land gebruik word nie. Volgens die bank se direkteur van kommunikasie Kazembire Zemburuka, sluit die heersende definisie van metodes van betaling nie virtuele bates in nie maar, dat handelaars wel hulle eie oordeel kan gebruik om die bates te aanvaar, sou hulle wou, wat dan as ‘n uitruil transaksie deur die sentrale bank beskou sou word. Zemburuka sê daar is reeds beplanning om die geldeenhede se gebruik te formaliseer na konsultasies met al die rolspelers en belanghebbendes, wat Namfisa insluit. Hy voeg by dat virtuele bates hoogs onvoorspelbaar is en nie onderhewig is aan regulering nie.