Uitleenkoers knel kredietgroeikoers

Namibië se uitleenkoers het in Oktober onveranderd op 11,5 persent gebly, wat steeds onder die gemiddelde uitleenkoers is van 13,62 persent tussen 1991 en 2023. Dit is egter heelwat hoër as die rekord-laagste koers van 7,5 persent in Augustus 2020 tydens die Covid-19 pandemie. Dr. John Steytler, die hoof uitvoerende beampte van die Ontwikkelingsbank van Namibië, sê die relatief hoë rentekoers het meegebring dat Namibiërs minder lenings aangaan, wat die ekonomie en kredietgroeikoers affekteer.  

Die toekoms lyk egter meer positief volgens Steytler, in terme van sterker kredietgroeikoerse. Dit sal egter nie onmiddellik gebeur nie, want sektore soos groen waterstof begin nou eers ontwikkel.