Botswana-weermag ‘bedreig steeds Zambezi-inwoners’

Namibië het die teenwoordigheid van verdedigings- en veiligheidspersoneel langs die grens in die Zambezi-streek vergroot nadat drie broers en hul Zambiese neef laat verlede jaar deur die Botswana-weermag doodgeskiet is. ’n Gesamentlike ondersoek na die moorde is deur die regerings van die buurlande van stapel gestuur en die bevindings daarvan moet nog bekend gemaak word. Die Swapo-parlementslid Leevi Katoma het die kwessie in die Nasionale Vergadering geopper en gesê Namibiërs wat naby die grens woon, word steeds bedreig deur die teenwoordigheid van die Botswana-weermag.