Uitheemse dinge het Covid veroorsaak – Kim Jong-un

Noord-Korea sê hy het die bron van sy Covid-uitbreking geïdentifiseer – burgers wat aan “uitheemse dinge” naby die grens met Suid-Korea geraak het. Meer as 5 miljoen mense het reeds Covid opgedoen. Noord-Koreaanse burgers wat na Suid-Korea oorgeloop het het vroeër ballonne oor die swaar bewaakte grens gestuur met medisyne en meer. Sommige kommentators meen dit is waarna Pyongyang verwys. Kenners sê egter die verslapping van maatreëls by die land se grens met China in Januarie, het moontlik tot die uitbreking gelei.