Beste praktyke vir klimaatsbefondsing ondersoek

Die Omgewingsbeleggingsfonds het ondersoek ingestel na die beste praktyke vir klimaatsbefondsing. Die fonds het spesifiek gekyk na uitdagings wat deur die sogenaamde Green Climate Fund ervaar is en hoe om befondsing en bystand in ontwikkelende lande op die beste manier te bestuur. Die plaaslike fonds sê daar is waardevolle lesse geleer. Lot Ndamanomhata, die fonds se bestuurder vir korporatiewe kommunikasie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…