Uitgelekte dokumente oor graan-uitvoere wys vingers na VN-hoof

Dokumente uit die uitgelekte Pentagon-lêers beskryf volgens berigte privaat gesprekke tussen die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, en sy adjunk, Amina Mohammed. Een gaan oor die graanuitvoer-ooreenkoms in die Swart See. Internasionale media berig volgens die dokumente was Guterres so gretig om die ooreenkoms te laat werk, dat hy gewillig was om Russiese belange te akkommodeer. Volgens die dokumente het Guterres se benadering groter pogings om Moskou aanspreeklik te hou vir sy optrede in Oekraïne, ondermyn. Die uitvoer-ooreenkoms is verlede jaar beding deur die VN en Turkye om ‘n wêreldwye voedselkrisis te hanteer.