DA mor oor fase 6-beurtkrag

Die DA sê die opwekking van hernubare energie gaan sukkel om aan die gang te kom solank die ANC in die pad staan van gemeenskappe wat hulself van Eskom-beurtkrag wil bevry. Kevin Mileham van die DA sê die instelling van fase ses-beurtkrag is ‘n regstreekse beskuldiging teen die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, se misplaaste vertroue in steenkool-kragstasies. Hy sê die minister het teruggeval op die onbetroubare kragstasies deur voor te stel dat die lewensduur verleng word.