Uiters goeie reën word vir verre noordweste voorspel

Goeie neerslae is in verskeie gebiede in Namibië se oostelike dele ontvang met uiters goeie buie wat ook in Botswana aangeteken is. Volgens die bekende plaaslike weerkenner George van der Merwe, sal die noordelike en sentrale dele die week aan die beurt kom met groot verligting ook vir die verre noordweste.