Uiters goeie neerslae in die Suide, riviere loop, paaie is gesluit

Groot dele van die Suide het volgens berigte uiters goeie reën ontvang met berigte van tot 155mm in die suidwestelike dele van die Namib. Die gebied was uiters droog met die Meteorologiese Diens wat melding gemaak het van die 40 000 hektaar wat naby Karasburg in veldbrande verwoes is. Kosmos 94. 1 Nuus het met die woordvoerder van die Lüderitz-dorpsraad Elwin !Gaoseb, gepraat wat sê dit het so baie gereën mense moes ontruim word.

Intussen sê die Grünau-boer Dolf de Wet van plaas Michberg, hulle voel sommer jare jonger omdat dit so goed reën. Hy het vroeër melding gemaak van hoe droog die gebied is.  

En terwyl daar berigte is oor die pad na Viooldrif wat tydelik toe was oor water wat oor die pad gespoel het, sê die Paaie-owerheid die Rosh Pinah-Aussenkehr, die D212 is gesluit.