Uitbreiding van staatsambulans-vloot verwelkom deur privaat sektor
‘n Privaat ambulansmaatskappy is verheug dat die gesondheidsministerie beplan om sy benarde ambulans-vloot te vervang en aan te vul, veral in landelike gebiede waar ‘n groot tekort is. Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur in die ministerie sê die begroting vir ambulans-aankope vir die huidige boekjaar is 24 miljoen Namibiese dollar en voeg by dat die mees onlangse voertuig-aankope vir ongeveer 60 ambulanse laas in 2016 was. Volgens Nangombe is ongeveer 184 ambulanse is in ‘n werkende toestand, waarvan net drie in ‘n goeie toestand is, en die res is in óf ‘n redelike óf swak toestand, veral in landelike gebiede. Dr. Fabian Martins, voorsitter van die nie-regerings-nooddienste EMA Rescue Services het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…