Uhm… as jy ander se sweet ruik het jy minder angs

Sweedse navorsing toon om ‘n ander persoon se liggaamsreuk in te asem, kan nuttige terapie wees vir sosiale angs. Die wetenskaplikes het sweet van vrywilligers se oksels gebruik nadat hulle óf ‘n skrikwekkende rolprent óf ‘n goedvoel-fliek gekyk het. Die hoofnavorser van die Karolinska-instituut, Elisa Vigna, sê vroue met sosiale angs het ingestem om ‘n paar monsters van ‘n liggaamsreuk in te asem terwyl sommige eerder skoon lug wou ruik. Die navorsing het bevind dat diegene wat aan die sweet blootgestel is, beter vaar in die terapie.